DETAILED REPORTS ARE POSTED DAILY ABOUT THE AFRIKANER/BOER GENOCIDE- also visit Farmi Tracker for the latest updates

Contact Me

Adriana Stuijt
censorbugbear@gmail.com
Nol_Stuijt@hotmail.com
tel Netherlands_31_519_701_266

ASYLUM:
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/2012/06/asylum-emigration-info-for-sa-whites.html

PHOTOALBUM 2009-2012
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/p/photo-gallery.html

Crime Busters of SA: farm murders 2001-2003
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/2003/12/crime-busters-of-sa-2001-2003-farm.html

Solidarity trade union: - list of farm murders
2003 - June 2009:
http://www.solidariteitradio.co.za/wp-content/uploads/plaasaanvalle.pdf


Search

Loading...

Followers

Blog Archive

About Me

My Photo
A Stuijt
Retired South African medical journalist, ex-Sunday Times of Johannesburg.
View my complete profile
Sunday, 2 November 2008

15 whites, 4,000 blacks at SA's national conference...

Print Friendly and PDF

  Nov 2 2008 -- SANDTON, South Africa. Afrikaner author Johann Wingard wrote in the following articlHateSpeechAgainstWhitesOnWallEastCape2008e that he 'd attended the Shikota national political conference in Sandton on Saturday, together with three friends belonging to a Christian-Democratic party.

  • "Of the 4,000+ people who showed up by lunch-time, there were about 15 whites, including us four and Helen Zillie's group (*leader of the Democratic-Alliance. On the stage with ten high-level officials, there was not one white face amongst them."

"Measured from the large number of delegates, bused in at huge costs from as far away as the Eastern Cape and with their entire stay at Sandton hotels also paid for,  one wonders who did fund it ... Western governments?

And this populist nature of the convention - backed by the big-money boys -- clearly shows that the Democratic Alliance's days are numbered: they can't continue to keep on parading as the official opposition... We might just as well have been in another country. We were the only whites there...'
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=3370&Itemid=402

 

'Ek was toe daar "...

BlackSouthAfricansMessageToWhites_GoDigAHoleJohann Wingard   Saterdag, 1 November 2008 , Pro-Afrikaans Action Group website

"Mens kon die dreunsang by die Shikotakonferensie reeds van ver af hoor. Ons was vier in die motor en was gelukkig om 'n heel gerieflike parkeerplek net om die draai van die Sandtonse konvensiesentrum te kry, skaars honderd tree se stap.
Saam met drie vriende van 'n Christen-Demokratiese party het ons tussen die toitoiende skare gevleg op pad na die koffiekroeg regoor die konvensiesaal.

Mens kon net sowel in 'n ander land gewees het. Ons was die enigste blankes op daardie stadium, maar die dansende en jillende swart skare het ons bloot geïgnoreer. Hulle het gekom om 'n nuwe politieke party te stig en vandag sou ek kon waarneem hoe die Afrikamens se psige werk as dit by partypolitiek  kom.
Die dansers was in twee groepe opgedeel van sowat honderd elk. Een groep sou van links na regs na die ingang van die sentrum beweeg, terwyl die ander groep uitbeweeg vir 'n paar sekondes se blaaskans.  Dan kom hulle soos 'n golf terug met hernieude dreunsang en gille, party met 'n glimlag en spierwit tande, ander weer met diep fronsende gesigte wat getuig dat hulle met ernstige sake besig is.  Op die sypaadjie staan die skare drie diep en sing lustig saam.

Hierdie gesig vorm beslis nie deel van my verwysingsraam nie. Vandag sien ek 'n heel ander beskawing, ervaar ek 'n heel ander kultuurbelewenis.  Toe Muleleki George opdaag, bars daar 'n oorverdowende gejuig los en hy word summier deur die een dansende groep gekaap om saam te toitoi. Die dik glasmure van die koffiekroeg het die ergste lawaai buite gehou sodat mens 'n heel doeltreffende gesprek kon voer.

Vryheidsfront nasionale konferensie - nie een vryheidslied nie... 

  • Ons dink onwillekeurig aan die nasionale konferensie van die Vryheidsfront wat ek om en by 1997 in Bloemfontein bygewoon het. 

Die party het hom destyds as 'n etniese party geposisioneer, dit wil sê 'n party wat die Afrikanerkultuur sou weerspieël en wat leiding sou gee vir die verkryging van 'n volkstaat vir sy ondersteuners. Nie 'n enkele vryheidslied is egter gesing nie, geen vrolikheid nie, geen vlagswaaiery nie, geen uitdagende houding van jongmense nie. Trouens, omtrent nie 'n enkele jongmens was daar teenwoordig nie.

Die atmosfeer op daardie konferensie het baie herinner aan die stil en stroewe seremonie 'n klompie jare later met die 100-jarige herdenking van die Anglo Boere Oorlog, ook in Bloemfontein.  Afrikaners in khakidrag en opslaanhoede het in 'n lang tou gestaan om hul gewere onder genl. De Wet se standbeeld te stapel - simbolies van die oorgawe van 1903.

  • Maar vandag het ek gesien hoe jongmense werklik feesvier.  Afrikaners kan beslis die dinamiek van 'n politieke massavergadering by swartmense kom leer.
    Die vergadering sou om elfuur begin.  Twintig voor elf was die skare toeskouers in die saal reeds hees gesing en gedans en het die eregaste, mnre. Lekota en Shilowa, luid begroet toe hulle die saal binnestap.

Helen Zille en haar gevolg het kort daarna ingekom, maar anders as die geval met Bantu Holomisa, was daar geen applous vir haar of haar partylede nie.  Die vergadering is heel gepas geopen met die sing van Nkosi. Ek het gewonder wanneer ek ooit die geleentheid sou kry om die volkslied te sing, want van al die luister na die singery voor rugbytoetswedstryde ken ek die woorde redelik goed.  Ja, ek moet bieg, sedert 1994 het ek Nkosi nog nie 'n enkele keer gesing nie - wys jou net!  Die lied sing nogal lekker, maar die strofe "Uit die blou van onse hemel..." lê baie swaar op die swart tong, hoewel dit nie aan entoesiasme by die sangers ontbreek het nie.

'n Charismatiese pastoor het die vergadering met 'n opruiende gebed in verskillende swart tale geopen. Nog voor die man amen kon sê, bars die hele saal uit in applous, maar hy maak tog klaar. Met 'n gloeiende gesig hou hy sy hande omhoog en seën die vergadering.
Teen hierdie tyd het die toeskouers tot byna vierduisend aangegroei.

Shilowa is 'n innemende mens en duidelik 'n geliefde persoon onder die afgevaardigdes.  Hy praat uit die vuis en het selfs 'n deel van sy toespraak in Afrikaans gelewer, iets waarmee hy spesiale applous van die swart skare verdien het. Lekota praat vlot Afrikaans, maar sy toespraakskrywer klaarblyklik nie.  Hy het sy toespraak afgelees en het 'n felle aanslag op die huidige ANC-leierskap gedoen. Die res is geskiedenis.

My indrukke?
-    Van die 4,000+ mense wat teen etenstyd opgedaag het, was daar seker so 'n stuk of vyftien blankes, insluitende ons vier en Helen Zille se groep.  Op die verhoog, waar tien hooggeplaasdes gesit het, was daar nie 'n enkele wit gesig nie. Dit was kennelik 'n nuwe swart politieke party, sonder 'n sweempie toenadering tot witmense.
-    Die konvensie het baie geld gekos. Mense is met busse vanaf die Oos-Kaap en ander provinsies aangery en hul verblyfkoste in die Sandtonse hotelle is ook betaal. Mens wonder deur wie? Westerse regerings?
-    Gemeet aan die getal afgevaardigdes, asook die populistiese aard van die konvensie, gerugsteun deur groot geld, raak die DA se dae nou min om as amptelike opposissie te paradeer.
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=3370&Itemid=402