DETAILED REPORTS ARE POSTED DAILY ABOUT THE AFRIKANER/BOER GENOCIDE- also visit Farmi Tracker for the latest updates

Contact Me

Adriana Stuijt
censorbugbear@gmail.com
Nol_Stuijt@hotmail.com
tel Netherlands_31_519_701_266

ASYLUM:
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/2012/06/asylum-emigration-info-for-sa-whites.html

PHOTOALBUM 2009-2012
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/p/photo-gallery.html

Crime Busters of SA: farm murders 2001-2003
http://censorbugbear-reports.blogspot.nl/2003/12/crime-busters-of-sa-2001-2003-farm.html

Solidarity trade union: - list of farm murders
2003 - June 2009:
http://www.solidariteitradio.co.za/wp-content/uploads/plaasaanvalle.pdf


Search

Loading...

Followers

Blog Archive

About Me

My Photo
A Stuijt
Retired South African medical journalist, ex-Sunday Times of Johannesburg.
View my complete profile
Monday, 14 March 2011

UIT DIE PEN VAN 'n LOGIES DENKENDE BOER

Print Friendly and PDF
Die volgende artikel is aan my gestuur deur "LOGIES DENKENDE BOER":

 "Ek dreig nou al hoe lank om jou artikel - “WHY SHOULD BOERS BOTHER TO VOTE?”  - te lees en vanoggend het ek uiteindelik. Ek wil graag my opinie lug en moet my asb. nie verkeerd verstaan nie aangesien ek ‘n tegniese, logiese ou is en nie ‘n politieke of militêre  spesialis nie. Ek wil dit graag vanuit my oogpunt stel.

Op hierdie stadium met slegs 2 maande voor die verkiesing is dit te laat om ‘n wegbly aksie onder die Volksgenote te laat posvat. So ‘n wegbly aksie gaan tyd kos en baie kommunikasie om by die Volk in te dring en mens gaan mense soos Steve Hofmeyr en Bok van Blerk moet gebruik om struggle liedjies te begin sing want dit is waarna die mense luister siende dat ons nie ‘n leier het nie. Ek weet Bok het reeds begin om pogings aan te wend.

(Hier moet jy my asb. nie verkeerd verstaan nie) Ek weet dit is nie die ideale situasie nie, maar as ‘n interim oplossing sal ons ongelukkig vir enige party moet stem wat ‘n bietjie tande het teen die ANC. Ten minste het ons die samewerking van die Kleurlinge en die Indiërs om ons te help om die Wes-Kaap te behou en die Wes-Kaap is nie ver van Orania af nie. Die feit bly staan dat mense eenvoudig NIE sak en pak na Orania sal verhuis nie.

Wes-Kaap: Die Wes-Kaap bevat nog redelik goeie orde, dissipline en netheid en dit is ‘n feit dat Swart mense nie omgee oor daardie dinge nie en veral nie van orde en dissipline hou nie. Wat gebeur dus? Hulle bly weg uit die Wes-Kaap en sodoende behou ons ‘n NATUURLIKE MEERDERHEID STEM daar. Ek weet die Indiërs en Kleurlinge is nie volksgenote nie maar ons het broodnodige getalle nodig en hulle kan in daardie opsig help.

Huidiglik klou volksgenote nog vas aan Pretoria en ek kan nou vir jou sê die skrif is aan die muur vir Pretoria. Ons sal eers daardie Volksgenote moet kry om hul bande met die Noorde te breek en Suid te “emigreer” in die rigting van die Wes-Kaap. Dit gaan baie makliker haalbaar as ‘n eerste stap wees en dan kan mens hulle begin bearbei vir ‘n denkwyse in die rigting van Orania en dan natuurlik is dit ook baie makliker om Orania te bereik vanaf die Kaap vir ‘n besoek aangesien die pad lieflik is. Soos die kraai vlieg is dit ongeveer 730km. Mens moet dit so maklik as moontlik maak vir die mense. Sien kaart hieronder:

 
Sodra ‘n mens dan die mense meer en meer bewus kan maak van Orania hoe meer en meer kan ‘n mens die mense begin oorreed. Huidiglik is die volk dwarsoor die land versplinter en ons moet hulle verenig kry in ‘n bepaalde gebied waar hulle nie hul eiendomme vir nou op hoef te gee nie maar bloot hervestig na ‘n gebied (Wes-Kaap) waar daar ook voorstede, supermarkte ens. is. Sodra almal dan daar ‘n samehorigheid gevoel ontwikkel kan mens aan die Orania beginsel begin werk. Intussen kan Orania voortgaan om te ontwikkel en van krag tot krag te gaan.

Soos jy self weet raak ek bitter ontsteld oor GOD sport: Wel selfs daar is die mense verdeeld. Mens moet miskien begin om daarna te begin kyk om die wapen van sport te begin gebruik. (Ek moet eerlik wees ek sal sommer vrek bly wees die dag as die ANC besluit om die hele rugby en krieketspanne swart te maak sodat die Volk se fokus kan skuif na die waarheid toe en begin besef dat ‘n plan gemaak moet word.)

As ons nou gaan besluit om nie te stem nie gaan die ANC onder leiding van die liberales eenvoudig omdraai en sê dat hulle wettiglik vir ons die reg gegee het om te stem en ons het nie die kans aangegryp nie en dat ons kanse nou verspeel het. Siedaar, daar verkry hulle dan wettiglik beheer oor die Wes-Kaap en dan is die skrif aan die muur. Ons moet eenvoudig volgens die boek speel.

Daar is heel waarskynlik planne aan die gang waarvan ek nie weet nie en dit is hoekom ek nou oningelig klink. Ek weet egter darem so ‘n bietjie meer as die gemiddelde Volksgenoot so verbeel jou net hoe min die oningeligte Volksgenoot weet. DIT IS DIE PUNT WAT EK WIL MAAK. Die tyd is nie nou reg vir ‘n wegbly aksie nie. Die oningeligtes moet eers bearbei word.

Finale woord: Ek stem vir ‘n wegbly aksie, ek stem vir die Orania beginsel, maar dit moet eers goed beplan en georkestreer word en nou is nog nie die tyd nie."

6 comments:

chris said...

Sluit aan by Praag ( Pro Afrikaanse Aksie Groep). praag.co.za
Ons is besig om te werk aan die plan wat jy nou daar se.
Nuwe 'Afrikaner' federale staat, saam met die kleurling/KoiSan in die wes en noord kaap.
praag.co.za

chris said...

Kom sluit aan by Praag: Pro Afrikaanse Aksie Groep. Ons werk aan so n onafhanklike staat aan die suid en noordwes kaap.

Laager said...

In die Wes Kaap is daar alreeds 'n beweeging wat dieselfde doel soek - The Cape Party. Dit is duidelik dat sake vandag in die land nie ten gunste van die wit man - Boer/Afrikaner/Engelsman - Kleurling en Indier loop nie en hulle moet saam staan om hulle toekoms te verdedig.

Die Orania konsep het duidelik bewys dat die wit man nie die swart man nodig het nie vir sy selfbestaan.
Dit is ook duidelik dat hierdie konsep in die suide en weste van die land kan werk en moet versprei word. Dink nou oor die Volkstaat se nuwe grense - van die Groot Vis Rivier in die Ooste, tot die Orannje Rivier in die Noorde. Al wat nodig is om suksesvol te wees is water bronne. Daar is genoeg ruimte vir die wit man in die weste om onafhanklik in vryheid en vreede te lewe.

Alma Mater said...

Elkeen wat wegbly van die stembus impliseer 'n stem vir die party wat uiteindelik wen. Dus is dit broodnodig dat ons almal gaan stem. Om weg te bly is presies wat hulle wil he ons moet doen; dus het ons twee redes om wel te gaan stem.

Die Wes-Kaap is baie gematigd en ons is nie so eksklusief soos baie in die binneland nie. Om pro-Boer te wees beteken nie outomaties om anti-ander te wees nie. Ons diskrimineer wel en doen dit op grond van gedrag. juis daarom weet ek nie of Bloubulondersteuners gaan welkom voel nie; van buite lyk dit na 'n godlose afgod wat floreer op dronkenskap en slegte maniere. Dus kan die grootbekke verwag dat daar teen hulle gediskrimineer gaan word. Ons diskrimineer reeds teen ons eie wat ook so optree, maar Bloubul is iets anders.................

Hier is minder werk en minder ekonomiese geleenthede; hou dit asseblief in gedagte. Tog stem ek saam oor die beoogde hervestiging want dit word meer as a honderd jaar lank al voorspel. Elkeen wat hartsbesnydenis ervaar het, maw wedergeboorte en opregte vervulling met die Heilige Gees, hulle in gehoorsaamheid aan Jesus Christus hulle vereenselwig het met die bekeerlingsdoop en wie elke dag net God se wil soek en doen, het ook Sy merk op die voorkop en sal veilig wees waarookal hulle is. En kom ons om, is ons op 'n beter plek.

Ons volk spandeer te veel tyd aan vleeslike oplossings vir politieke bedreigings en is heeltemal te min besig om verhouding met Jesus Christus te bou. Net soos wat die ou Siener voorspel het, het sport die god geword en ons mense ken nie meer die Lewende God met wie hulle 'n bindende kontrak het nie. Moenie kontrakbreuk pleeg en dan kontraktuele voordele en beskerming verwag nie.

Kom gerus Kaap toe mits jy bereid is om jou te onderwerp aan die wil en gesag van die Lewende God.

Karika Tuur said...

OOR...... VLOED TEEN SKEMERAAND

Droom tweede helfte van 2010, waarskynlik laaste kwartaal. Droom en datum nie aangeteken nie. Kriptiese leidrade is in die naggesig versteek en jy sal dit net verstaan as Vader dit aan jou openbaar. Ek het my idee wat dit beteken maar verneem graag hoe jy dit sien.


GESIG:


Skemeraand en die son sak alreeds.

Landelike gebied in die binneland, savanne-doringveld met langerige groen gras wat kol-kol groei in effe-rooi sandgrond. Die gebied word begrens deur twee groot riviere, een in die noordooste en die ander in die noordweste.

Daar is plaasopstalle elke paar myl of so, maar nie te veel te sien van enige boerdery nie. Tog is daar vrou en opgeskote dogters, geklee in sisrokke met kappies, wat mieliepitte vir die pluimvee uitstrooi, na die kleinvee omsien en vir oulaas die aandlug geniet alvorens die nag aanstons sal toesak. Dit is vreedsaam en rustig, niemand is gesteurd of onrustig nie. Geen mans in sig nie; hulle verkeer elders sosiaal.

Skielik begin water oor die wydte van die hele stuk land spoel, bruin modderwater wat aanvanklik net 'n halfduim diep is maar dan vloei dit sterker totdat dit die land oorspoel. Mens en dier is ewe onthuts en onkant betrap. Daar is 'n geskarrel om te red wat daar te redde is sodat veral pluimvee nie versuip nie. Onderwyl die mense die diere probeer red, spoel die water die huise binne en verswelg stadigaan alles ook daar.

Die twee riviere het ondertussen aangegroei tot bruisende waterstrome met opdrifsels van stokke, kaal, droë takke, droë blare asook droë boombas. Dit is vuil, modderbruin water. Meeste staan hulpeloos, verroer nie 'n ledemaat nie en word eenvoudig verswelg sodat hulle omkom. Ander probeer floutjies om te vlug maar is nie regtig ernstig om hulleself te probeer red nie.

Ek swem vooruit en moedig soveel moontlik aan om my te volg. Meeste weier en verdrink, maar sommige probeer wel totdat hulle besef watter inspanning dit gaan verg om te kan oorleef - gee dan sommer moed op en word deur die vloedwater verswelg. Die handjievol wat my volg, het aanhoudende en deurlopende aansporing nodig. Moed inpraat terwyl ekself veg om oorlewing is wat ek doen; gelukkig ken ek die stryd om oorlewing en weet dat jy sal oorwin solank jy nie ingee nie. Jare se oefening in geloof het my dit geleer; dat ek net oorwin kan word as ek boedel oorgee.

So swem ons noordwes in die nag tot waar ons by die vinnig vloeiende hoofstroom kom; na die weste (links) van ons, is daar 'n groot brug wat destyds met sandsteen gebou is. Soldate patroller die aanloop asook die brug self. Hulle is geklee in terroriste-kamoefleerdrag en gewapen met AK47's. Hulle marsjeer soos kommuniste en herinner aan Noord-Koreaanse magte. Ons kan die brug nie oor nie.

Dan besef ek ons sal moet swem of sterf. My klein aantal volgelinge is reeds uitgeput en hul moed is gebreek, maar dan praat ek hulle weer moed in en ons steek die rivier skuinsweg oor deur saam met die stroom te gaan. Oorkant kom ons by 'n netjiese Victoriaanse huis met 'n groen dak en wit mure, met breë stoepe en pragtige gietysterpilare en "broekie lace." Dis baie koloniaal en Britse invloed is nog sterk.

Ons kry lekker skoon water om te drink, die helder lig in die huis is vriendelik maar ons word tog aangesê om aanstaltes te maak want mense wat ons lewens soek is op pad Dan skielik is ons in slaapkamers waar ons bo-op klerekaste langs aanbeweeg en dan slaags raak met jong leeus wat ons wil verskeur.

Die jong leeus moet hardhandig beveg word en ons gebruik bajonette, want ons gewere kan nie skiet nie. Die skerpte van die swaard is te veel vir hulle en ons wis hulle uit teen die tyd dat ons oor snaakse kliprantjies getrek het. Regop rotse, 'n verdieping of drie hoog en met regaf kante, amper soos die rotse by Augrabies.

Dan is ons veilig.

Anonymous said...

I disagree you need to get your families safe ,get them away from the hell hole, away from rape murder and abuse,

Today is the day that you have to stop talking and do something, otherwise brace yourself for the worse ,it is not easy to leaving the country , but its for the future of your children totally worth it!!!,

How can you even think of voting if you know its a corrupt bunch?, they say "it is not the person voting but the person counting the votes that makes the difference !!!

Everyone knows the election was or will never be fair, they imported voters over the borders before, issued passport, ID numbers etc. Using scare tactics and witchcraft.

The founders of the country used ox wagon into the wilderness, sickness, enemies were all part of their daily lives, but they did it!!

They moved forward in faith, did not sat on their behinds waiting for someone to help them , complaining every day, they helped THEMSELVES.

To move forward will not be easy, you can move to Orania, you can leave the country, you can move to Cape, you can even vote !

OR

you can keep on complaining, one wants to stand up, fight for their wives , children, The choice has to be made, BUT you cannot go on the same old same old road ,TODAY you need to change direction, complaining is not going to solve anything, not now and not in the future